OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse Colour Run wat vanjaar deur die SANDF'S Health Centre South Coast (HCSC) georganiseer is, het Vrydagoggend by die Oudtshoorn Infanterieskool weggespring.
Hierdie 5 km-pretloop, wat voorafgegaan is met 'n foto-uitstalling verlede Woensdag by die CJ Langenhoven-biblioteek, het deel uitgemaak van die (HCSC) se program vir Wêreldvigsdag wat op Sondag 1 Desember gevier is.
Inskrywingsgeld het R50 per span en R20 per persoon beloop. Altesaam 40 spanne en 104 individue het vanjaar deelgeneem.
Soos verlede jaar het deelnemers ook vigsverwante vrae by die stoppunte beantwoord waarvoor hulle pryse ontvang het. Die Wes-Kaapse gesondheidsdienste het ook 'n mobiele kliniek op die perseel gehad waar atlete en die publiek hulle gratis kon toets vir die MIV-virus (insluitend berading), bloeddruk en diabetes.
Die sport en rekreasie-afdeling van die Oudtshoorn Infanterieskool is vanjaar as die wenners van die pretloop aangewys.
'n Seun beantwoord een van die vigsverwante vrae.
Yippie dit was lekker! Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'