OUDTSHOORN NUUS - Die meer as 4000 clivias op Hendrik en Susan Schoeman se plaas, Nooitgedacht, is vir die volgende drie weke in volle blom.
Soos in die verlede is besoekers welkom om die plaas te besoek en deur die clivia-wonderwêreld te stap.
Hendrik en Susan kweek hulle eie kleurva-riante wat sorg vir besondere en unieke blomkleure.
Nooitgedacht is op die Volmoedpad geleë. Die uitdraaipad is ongeveer 500 m verby die Volmoed winkel.
Die tuin is reeds sedert Sondag 17 September oop vir besoekers.
Mense word gevra om vooraf met Hendrik en Susan te reël vir 'n besoek.
Kontak hulle by 084 499 8546 of 084 258 9807 gedurende die dag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'