TUINROETE NUUS - Die Garden Route-cliviaklub bied vanjaar weer hul Clivia-skou aan.
Die skou is egter uniek en bied nuwe variëteite van clivias aan die publiek.
Volgens Riaan Britz van die klub is die clivia-blomspesie bekend aan die grootste deel van die publiek.
"Die clivia staan ook as die Miniata bekend. Daar is egter vyf ander minder bekende spesies. Hulle blom gewoonlik vroeër of later as die Miniata en die blom verskil ook drasties van die gewone een wat deur almal geken word. Telers gebruik nou die spesies, en kruisbestuif dit met die Miniata om so 'n nuwe blom te ontwikkel.
Dit gee nuwe vorm aan die blomme en ook nuwe kleure en verleng die blomseisoen van die clivia," sê hy.
Dit het tot gevolg gehad daar nou 'n aparte blommeskou spesiaal vir die ander clivia-spesies, asook die inter-spesiesgehou word.
Vanjaar is die skou op Saterdag 10 Augustus. Die publiek is welkom om die plante te kom besigtig tussen 10:00 en 13:00, te George-kwekery, op die lughawe pad.
Vir meer inligting besoek die klub se webtuiste by www.gardenroutecliviaclub.org.za of skakel die voorsitter Carrie Kruger by 083 343 1288 of sekretaris by Rocco Kriel 083 653 9644.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo'