TUINROETE | KAROO NUUS - Wees deel van die heel eerste Mosselbaai Kunstefees deur die Carpe Musicam! orkes, koor en jeugorkes feeskonsert by te woon op Sondag, 20 Augustus.
Dit vind plaas om 15:30 in die Mosselbaai-stadsaal.Geniet 'n opwindende verskeidenheid musiek, aangebied deur 80 entoesiastiese plaaslike musikante en sangers.
Verversings sal te koop aangebied word vanaf 14:00 of jy is welkom om jou eie piekniek te bring. Arriveer vroeg genoeg as jy sou verkies om by 'n tafel te sit. Ongeveer 20 word uitgesit.
Carpe Musicam! tree op, op versoek van die munisipaliteit, wie se inisiatief die fees is.
Daar sal klassieke musiek wees, musiek van bekende flieks en nog meer. Musiek-liefhebbers kan ook na 'n bietjie Spaanse dans uitsien.
Die Spaanse danser wat Sondag gaan optree, speel ook perkussie in die orkes en sing in die Carpe Musicam! koor.
Kaartjies is beskikbaar by www.carpemusicam.co.za of vir kontant by die konsert, vir 'n spesiale kunstefees prys: R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onder die ouderdom van 18.
Die orkes en koor in aksie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’