CALITZDORP NUUS - Nuwejaarsdag is normaalweg die uittogdag van Kannaland se mense na Calitzdorp Spa waar daar ook gaste vanoor die provinsie lekker vakansie hou.
Dit is egter nie net mensekind wie Calitzdorp Spa as vakansiebestemming kies nie, maar ook die bobbejane van die omgewing geniet die feestyd terdeë.
Dit is hierdie glyjakkalse, of is dit dalk glybobejane, wat vir groot amok sorg tydens die feestydperk.
"Die bobbejane het jou so gehad dat jy nie weet of jy kwaad moet wees en of jy moet lag vir hul vindingrykheid nie," vertel Jacob Willemse wat saam met sy gesin vir die feestyd by die spa vakansie kom hou het. "Wanneer vakansiegangers die deur van hul chalet oopgelos het, het die bobbejane die chalet doodluiters net oorgeneem - hulle drink tot koffie,"vertel 'n verontwaardige Willemse.
Dit is veral die manne met die bokswyn wat deurgeloop het en Willemse vertel dat een besoeker net `n glas gaan haal het toe bobbejaan se kind met sy bokswyn padvat het. Marie Willemse se harde stem het egter die onwelkome besoekers verdryf toe hulle haar snoek probeer steel het.
Menige vakansiegangers kon nie besluit of hulle kwaad moet wees en of hulle die bobbejane se gedrag komies moes vind nie.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'