CALITZDORP NUUS - Calitzdorp se eerste vetplantfees word vanaf 23 tot 25 September aangbied.
Die fees word deur die Calitzdorp Vetplant vereniging by die Calitzdorpstasie aangebied en open om 09:00 op Saterdag 23 September.
Die fees sal nie slegs vetplante van Suid-Afrika ten toon stel nie, maar ook vetplante van oor die wêreld heen. Van die aktiwiteite wat tydens die fees aangebied word is:
•Uitstappies in die veld
•Opvoedkundige praatjies oor vetplante
•Vetplantmark waar vetplante in houers gekoop kan word
•Uitstalling van botaniese kuns
•Veiling van skaarsplante
•Aktiwiteite vir kinders
Die boek van Robin Fransden, Succulents of Southern Africa, word op Sondag 24 September by die fees bekend gestel. Volgens die organiseerders van die fees is dié boek die mees omvattende geïllustreerde publikasie van inheemse vetplante en bevat ongeveer 2500 illustrasies.
Vir verdere inligting oor die Vetplantfees kontak Buck Hemenway by 076 298 7337 of per epos by buckhem@sbcglobal.net
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'