Update
OUDTSHOORN NUUS - Die ongeveer 20 passasiers wat vanoggend inderhaas uit 'n brandende bus moes skarrel, kon die begrafnis waarheen hulle onderweg was, bywoon.
Volgens Petronice Heskwa het haar pa, Petrus die bus bestuur om familielede en vriende Oudtshoorn toe te neem om die begrafnis van sy broer, Isak, by te woon. Hy het die bus by die maatskappy waar hy werk, gehuur.
Net nadat die bus oor die kruin van die pas is, het rook by die enjin begin uitborrel.
Volgens Petronice het haar pa op die eerste veilge plek stilgehou en gesorg dat almal uit die bus is voordat hy die vlamme wat toe in die bus was, met 'n brandblusser probeer blus het. Die brand het egter baie vinnig versprei en toe die brandweer opdaag was die hele bus in vlamme gehul.
Die vlamme was reeds geblus toe die bus vorentoe begin rol het, en teen 'n veiligheidsreling tot stilstand gekom het.
Die passasiers is met motors opgelaai en kon die deel van die begrafnis by die begraafplaas bywoon.
Vorige artikel: Begrafnisgangers betyds uit brandende bus
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'