Hy was van 1984 tot 1994 parlementslid in die destydse Raad van Verteenwoordigers onder die vaandel van die Arbeidersparty en in 2001 en 2002 burgemeester van Oudtshoorn.
Hy was baie betrokke in sy gemeenskap en het hom die laaste jare beywer om inwoners wat destyds as gevolg van die groepsgebiedewet verskuif is met hul grondeise te help.