OUDTSHOORN NUUS - Die Vryburgers van Suid-Afrika het onlangs hulle nasionale byeenkoms, bekend as die Burgerraad, hier aangebied.
As gevolg van inperkingsmaatreëls was vanjaar se Burgerraad op 'n veel kleiner skaal as vorige jare aangebied. Daar is ook aan Covid-19-voorskrifte voldoen.
Die jaarlikse Burgerraad is 'n geleentheid waar die volledige nasionale bestuur, (Dagbestuur) van dié welwillendheidsorganisasie sowel as verteenwoordigers van verskeie Vryburger-korpse vir 'n naweek byeenkom.
Tydens vanjaar se Burgerraad is drie nuwe lede by die Oudtshoorn-korps ingehuldig en die nuwe stuurpaar van die plaaslike korps, Francois en Sandra Marais, is ook aangewys.
Die inhuldiging is deur die inkomende nasionale president, Visser Bezuidenhout, en sy voorganger, Conrad Botha, waargeneem.
Die bestuur van die Oudtshoorn-korps is van links: Lootie Vermeulen (inkomende stuurman), Hendri Calitz (ritmeester), Fanie Fourie (basuin), Francois Marais (stuurman), Christo Odendaal (fiskaal), John Lourens (magasyn) en Gernes Claassen (skrywer).
Conrad Botha en Visser Bezuidenhout by die nuwe stuurpaar, Francois en Sandra Marais. Foto's: Ilse Jordan
Die drie nuwe Vryburgerlede van die Oudtshoorn-korps is Barend Smit en John Lourens (links en tweede van links) en Gernes Claassen (regs). Tussen hulle is Conrad Botha en Visser Bezuidenhout, uittredende en inkomende nasionale presidente van die Vryburgers.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'