Die eerste burgemeester maskerbal het sowat R77 000 ingesamel.
Sylvester bedank al die borge wat daartoe bygedra het dat die aand se verrigtinge, vanaf die maskers, ete, musiekgroep, dekor en fotograaf betaal is sonder dat Oudtshoorn-munisipaliteit 'n hand in sy eie sak hoef te
steek.
Die maskerbal was op Vrydagaand, 17 Maart, en die doel van hierdie aand was om fondse in te samel vir ons mishandelde vroue en weeskinders.
Die volgende besighede het elk groot bedrae geskenk vir hierdie spesifieke doel.
Martin & EA (Zebra)
Pennypinchers
Civil Corp
Asla
Toploos
Klein Karoo International
Aifa
Cango Wildlife Ranch, Kango-grotte, Wilgewandel, Calitzdorp Spa en Aifa het die gaste verras met wonderlike pryse wat gewen was deur die loop van die aand. Oudtshoorn Courant, Die Hoorn, Die Herrie, SFM en EDENfm het addisionele gratis uitgawes en publikasies geborg gedurende die bekendmaking van die maskerbal.
Die musiekgroep, Funky Afro, het hulle goed van hulle taak gekwyt. Die fantastiese dekor is voorsien en gedoen deur mev. Mars en Maria Arries.
Marilize Oosthuysen het die smullekker kos voorberei.
Die fotograaf Awie Hendricks, het die gemaskerde gaste afgeneem.
Die gasspreker, minister Bonginkosi Madikizela, het tydens sy toespraak gesê dat dit sy hart goed doen om te sien dat een van Oudtshoorn-munisipaliteit se doelwitte 'n beter lewe vir mishandelde vroue en kinders is. 'n Memorandum van verstandhouding is ook op Vrydagoggend deur die burgemeester en minister Albert Fritz onderteken.
Hierdie twee geleenthede wat dieselfde doelwitte nastreef, het die pad oopgemaak vir die department van sosiale ontwikkeling en die munisipaliteit om saam te werk om hierdie doelwitte te verwesenlik.