RIVERSDAL NUUS - Die nuwe krieketseisoen is in volle gang en die Hoër Landbouskool Oakdale se spanne het Saterdag, 30 Oktober teen onderskeidelik Glenwood House, D’Almeida, Langenhoven Gim en Rosemoor Hub te staan gekom.
Die o/19A-span wen Glenwood House met 215 lopies behaal, vir die verlies van 8 paaltjies in die toegelate 50 boulbeurte.
In hul wedstryd teen D’Almeida verloor die o/19B-span met 2 paaltjies.
Oakdale se o/19A-span is agter: Mnr Pine Marais (afrigter),* Marco Steyn, Pieter Marais, **Terblanche du Plessis, *Gerhard Ehlert,* Zandré Conradie, Duan Roberts,** Corné Kennedy en Mnr Gerhard Holtzhausen (afrigter). Voor: Arend Blom, Pienie Pienaar, Francois Labuschagne, *Tian Ferreira en *Erick Steyn. (*vanaf George; **vanaf Oudtshoorn).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'