OUDTSHOORN NUUS - Chloe Parry, leerder van Bridgton Sekondêre Skool, het onlangs 'n brons medalje by die internasionale Eskom Expo kompetisie vir jong wetenskaplikes verower.
Adele de Vos, onderwyser by BSS en die Suid-Kaap se skole koördineerder van die Eskom Expo, het Parry namens die skool gelukgewens en gesê dat haar sukses 'n bewys is dat harde werk en toewyding vrugte afwerp.
"Sy is voorwaar 'n inspirasie vir haar mede-leerders en gemeenskap. Sy is 'n duidelike bewys dat jy ongeag omstandighede, bo kan uitkom as jy wil. Soos hulle sê waar daar 'n wil is, is daar 'n weg, en sys 'n praktiese bewys.
De Vos het alle hoërskool-leerders in die Oudtshoorn-omgewing aangemoedig om ook by die Eskom Expo betrokke te raak.
De Vos kan by adeledevos28@gmail.com ge-epos word vir meer besonderhede.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'