OUDTSHOORN NUUS - Nadia Britz, eienaar van Pro Academy Dansskool in Oudtshoorn en Grootbrak, was verlede week as die wenner van die Woman in the Arts and Culture-kategorie in die Woman of Stature Awards South Africa 2024 aangekondig.
Sy is verlede jaar vir die gesogte toekenning genomineer. Dié toekenningsgeleentheid is 'n platform wat die prestasies en bemagtiging van vroue op verskeie terreine vier.
Britz het oor die afgelope 13 jaar 'n geweldige impak in die gemeenskap gemaak deur tot verskeie liefdadigheidsorganisasies by te dra, en haar passie vir dans met baie te deel.
"Ek voel geweldig bevoorreg en regtig blessed om hierdie toekenning na Oudtshoorn te bring. Dit motiveer my om my beste te doen en om aan te hou met die werk wat ek doen. Ek het regtig nie verwag om te wen nie," vertel sy.
Lees die volledige berig in die week se koerant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’