OUDTSHOORN NUUS - Bridgton-polisiestasie is gesluit as gevolg van 'n Covid-geval.
Sersant Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het gesê lede van die gemeenskap kan na die Bridgton-biblioteek gaan indien hulle die hulp van die polisie benodig.
Die stasie sal tot môreoggend (31 Maart 2021) gesluit wees.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'