OUDTSHOORN NUUS- Die brandweer staan behoorlik bond na verskeie brand in die Oudtshoorn-omgewing weens die weerlig uitgebreek het. In Hoogstraat is drie palmbome getref.
Die vonke het ook onder 'n inwoner se dak ingewaai en die balke het aan die brand geslaan. Brandweer het gelukkig vinnig reageer.
Daar is tans ook verskillende brande buite Oudtshoorn. Op Kombuysplaas is daar twee brande en op die Swartberge is daar drie. Die weerlig het ook die veld op Spitskop naby die Rust-en-Vrede-waterval aan die brandgeslaan. CapeNature monitor die brande in die hoërliggende gebiede.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’