Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Brandbestryders was binne minute by 'n huis in Jan van Riebeeckstraat nadat hulle omstreeks 18:25 'n oproep ontvang het dat die huis brand.
Gelukkig was dit slegs struike en bome in die tuin wat gebrand het.
Dit blyk dat die brand onder teen 'n helling ontstaan het waar die erf aan Wesbank laerskool se sportgronde grens.
'n Buurman het die vlamme gesien en solank die vuur met 'n tuinslang begin keer. Geen geboue is beskadig nie.
Kyk 'n video hieronder:
Geen geboue is beskadig nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'