OUDTSHOORN NUUS - 'n Brand het 'n ruk gelede sewe opslaanhutte op 'n erf in Polisie Hoogte agter Thusong-sentrum verteer.
Volgens 'n ooggetuie en inwoner op die erf moes die brand buite die erf ontstaan het waarna die wind dit na die opslaanhutte versprei het.
Daar is nege opslaanhutte op diè erf waarvan sewe tot op die grond afgebrand is.
Volgens diè inwoner het Oudtshoorn-brandweerdienste betyds opgedaag anders sou die hoofwoning tesame met die oorblywende opslaanhutte ook in die slag gebly het.
Niemand is beseer nie.
Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'