OUDTSHOORN NUUS - 'n 7-Jarige dogtertjie en haar pa het hul lewens verloor in 'n huisbrand in GG-kamp Saterdagaand, 2 November.
Dit is dit nie seker hoe die informele-struktuur aan die brand geslaan het nie. Thomas Booysen, ouderdom tans onbekend en sy dogtertjie, Sphesihle Witbooi het in die brand omgekom. In gesprek met Frances Maneli, familie van die pa en dogter noem sy dat hulle erg geskok is in wat gebeur het.
"Dit was so donker, GG-kamp is mos maar donker, al wat ons geweet het is dat ons familie brand, dit is niks lekker nie." Volgens haar het die brand ongeveer 23:00 ontstaan.
Oudtshoorn Courant het navraag gerig aan AO Swartbooi, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder rakende die voorval.
Ons hou lesers op hoogte soos inligting bekend raak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’