OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Botsing tussen 'n man op sy fiets en 'n motoris wat Voortrekkerweg in Oudtshoorn by St Georgesstraat probeer oorsteek het, het veroorsaak dat 'n deel van een baan van Voortrekkerweg by hierdie kruising tydelik gesluit is.
Paramedici is tans op die toneel en neem die fietsryer hospitaal toe. Dit is onduidelik presies hoe die ongeluk gebeur het.
Sommige omstanders beweer dat die fietsryer te vinnig by die straat afgekom het, en ander sê die voertuig het nie gewag vir die fietsryer om die straat oor te steek nie.
Volgens die bestuurder van die voertuig het hy nie die fietsryer gesien nie.
Video - Botsing tussen motoris en 'n man op sy fiets (Video: Stefan Goosen).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’