OUDTSHOORN NUUS - Niemand is beseer in die botsing vanoggend op die kruising van Voortrekkerweg en Oxfordstraat tussen 'n taxi en Toyota Etios nie.
Volgens die bestuurder van die taxi het hy in Voortrekkerweg in die baan die naaste aan die middelmannetjie gery.
"Die Toyota het van De Rust se kant af gery en in Oxfordstraat ingedraai. Ek het so groot geskrik ek het die hooter gedruk en toe trap sy [die bestuurder van die Toyota] rem."
Daar was geen passasiers in die enige van die voertuie nie.
Die Toyota het van De Rust se kant af gery en in Oxfordstraat ingedraai.
Foto's: Liezl van Niekerk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'