OUDTSHOORN NUUS - 'n Toyota Yaris en 'n Polo was vanmiddag omstreeks 14:30 in 'n botsing betrokke by die kruising van Kerk- en Jubileestraat.
Volgens inligting wat op die toneel bekom is, was die Polo met Kerkstraat onderweg toe die Toyota wat in Jubileestraat was, glo nie by die stopteken gestop het nie.
Die Toyota het die Polo teen die regterkant getref waarna die Polo teen 'n muur gebots het.
Niemand is beseer nie.
Die Polo het die muur getref.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'