Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Toyota Corolla en 'n Renault Kwid was vanmiddag omstreeks 16:30 in 'n botsing by die kruising van Voortrekkerweg en Hoogstraat betrokke.
Die Toyota was in Voortrekkerweg en die Kwid was met Hoogstraat onderweg toe hulle mekaar by die kruising getref het.
'n Seun in die Corolla het 'n ligte kopbesering opgedoen.
Ander insittendes en die bestuurder van die Kwid is ongedeerd.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'