OUDTSHOORN NUUS - Om Boplaas-kelders se verbintenis met Portugese kultivars te vier, het hulle 'n plaaslike kunstenaar opdrag gegee om 'n reeks unieke teëlpanele of Azulejos te maak.
Die kunstenaar, Helen Doherty, het tonele rondom Calitzdorp in die tradisionele teëlkuns van Portugal wat tot die 15e eeu terugdateer, op geglasuurde teëls verewig.
Boplaas het 'n hele reeks wyne en port soos Tinta Barocca, Touriga Nacional en Touriga Franca, wat van Potugese druiwe gemaak word.
Die Portugese tradisie het in 1970 begin toe Boplaas se patriarg, Danie Nel, 'n bakkievrag Pinotage en Shiraz vanaf die Swartland gebring het en besluit het om self Shiraz druiwe te plant.
Dit was eers jare later dat die huidige keldermeester, Carel Nel, besef het die "shiraz" wat aangeplant was, was eintlik Tinta Barocca en 'n besoek aan Portugal en kennismaking met die land se voorste portmakers het gevolg.
Sedertdien het Boplaas 'n bekende produsent van bekroonde Portugese kultivar-wyne geraak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'