OUDTSHOORN NUUS - Na twee jaar se harde skryfwerk en nog twee jaar se gespartel met ‘n uitgewer het Nicky Schoeman sy bundel met geestelike gedigte Donderdagaand bekendgestel.
Schoeman het die bundel Daaglikse Lig by Beans About Coffee aan ‘n groepie genooide gaste bekendgestel.
Volgens Schoeman wou hy iets skryf wat vir mense as inspirasie dien.
“Ek wil graag die boodskap van lig en hoop aan mense oordra en ek wil dat honderde mense daardeur inspirasie kry,” het hy Donderdagaand gesê.
Die bundel bestaan uit 50 gedigte. Elke gedig het ‘n tema, gevolg deur ‘n toepaslike Bybelvers en ‘n gedig wat die vers toelig.
Dokter Clifford van Wyk, plaaslike psigiater, het gesê Schoeman se boodskap vul sy beroep as paramedikus aan.
“Ek sien ‘n man wat mense in hulle oomblik van nood nie net met fisiese versorging bystaan nie, maar ook op geestelike vlak kan ondersteun.”
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'