Die Oudtshoorn-munisipaliteit, in samewerking met die Stompdrift-Kammanassie Watergebruikersvereniging (SKWGV) is tans met 'n bewusmakingsproses besig waarin inwoners en kinders gewaarku word om nie naby die kanaal te beweeg nie, veral nie as daar water in die kanaal is nie.
Gereelde waarskuwings word in die verband deur die SKWGV uitgereik.
Die wenke wat deur die instansie gegee is:
- Bly weg van die kanaal as daar water in is
- Moenie in die kanaal speel nie
- Moenie in die kanaal swem nie
- Daar is verskeie pype wat versnelde vloei veroorsaak en 'n gevaar kan inhou
- Maak seker dat die kinders nie naby die kanaal kom nie
- Hou diere weg van die kanaal af
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'