Update
Studente verbonde aan Suid-Kaap Kollege se Oudtshoorn-kampus het Dinsdag 'n vreedsame protesoptrede voor die kollege gehou.
Volgens die studente is hulle ontevrede oor die manier waarop die kampus bestuur word en ook oor beurse wat nie uitbetaal word nie.
Een van die studente het gesê dat die rooster soms die oggend voor klas verander.
"Ons word nooit geken in die veranderinge nie. Dit beteken dat ons nie betyds is vir klasse wanneer dit skuif nie en as ons nie genoeg klasdeelname het nie kan ons nie eksamen skryf nie."
Volgens die student word dosente ook veran-der sonder hul medewete en is die kommunikasie tussen die studente en die kampus nie na wense nie.
Volgens 'n ander student is daar ook probleme met die NSFAS-beurse wat nie uitbetaal het nie.
Elsie Potgieter, hoof van Suid-Kaap Kollege, sê die kampus-hoof skakel gereeld met die kampus se studenteraad. Volgens haar is
veranderings aan die klasroosters normaal en gaan dit voort tot registrasie van die nuwe studente verby is.
"Die veranderings word op 'n daaglikse basis met die studente op die Oudtshoorn-kampus gekommunikeer. Studente kwalifiseer om eksamen te skryf as hul 80% van hul klasse per vak bygewoon het.
"Hulle moet ook 'n sekere punt behaal. Studente wat aan die departement van hoër onderwys en opleiding se kollege beursskema se vereistes voldoen se beurse word ten volle betaal. Daar is slegs 'n klein bedrag vir vervoer of akkommodasie beskikbaar," het sy oor die NSFAS-beurs gesê.
Volgens haar het die studenteraad van die kampus die reg om enige tyd met die kampus-hoof of -bestuurspan te praat.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'