Volgens mnr. Enrico Dyssel van die verkeersbestuursisteem, is dit om misdaad in die dorp te bekamp en ook om te verhoed dat eienaars en werknemers voor hul winkels parkeer. Dit sal kliënte die geleentheid gee om nader aan winkels te parkeer.
Die strate waarin sensors wat deel vorm van die nuwe stelsel aktief gemaak gaan word, is St. John-, Hoog-, Kerk-, Olivier- en Baron van Reedestraat.
Die parkering by Checkers aan Prater se kant het ook sensors sowel as die parkering agter Kannaland.
Diegene wat weier om die gelde te betaal, sal R500 beboet word.
Dié reëlings geld vanaf 07:00 tot 17:00, maar kan later aangepas word.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, en aanlyn.
.jpg)
Die span wat die monitering van die parkeerbetaalstelsel sal behartig. Foto: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'