OUDTSHOORN NUUS - Alle handelaars, handwerkentoesiaste, entrepreneurs, bakkers, brouers en ander kundige skeppers kan nou aansoek doen vir 'n stalletjie by die 29ste KKNK in Oudtshoorn. Hierdie is 'n perfekte platform om jou produkte aan duisende besoekers aan die KKNK te verkoop. Vanjaar se fees vind van Dinsdag 1 tot Sondag 6 April plaas.
Daar is 'n verskeidenheid van opsies beskikbaar vir stalletjies by die KKNK. Stalletjies is versprei oor die feesmark waar die meeste besoekers is, insluitende Baron van Reedestraat- en Queenslaan.
Algemene stalletjies
Hierdie stalletjies sluit klerasie, skoene, kuns, handwerk, juwele en ander unieke handgemaakte produkte in.
Kos- en deli-stalletjies
Kulinêre lekkernye wat die smaakknoppies sal prikkel - soos voorafbereide kos, ook lekkers, koekies en gedroogde vrugte, wegneemetes en enige ongeseëlde voedselprodukte soos roomys of biltong.
Speelgrond
By die area word vermaak vir oud en jonk aangebied.
Hoekom 'n stalletjie by die KKNK 2025?
• Die fees bied 'n geleeentheid vir handelaars om hul produkte ses dae lank tydens die Maart-skoolvakansie te verkoop.
• Die fees bestaan uit 'n diverse gehoor met ongeveer 10 000 besoekers wat in Oudtshoorn verwag word.
• Daar is variteit en opsies vir stalletjies, van groot tot klein opelugruimtes, asook meer intieme areas in die KKNK-winkel. Hierdie opsies bied dinamiese geleenthede om handel te dryf.
• Die KKNK bied 'n geleentheid vir enige handelaar, of jy 'n bekwame ambagsman, kulinêre maestro of enige ander entrepreneur is om jou kunsvlyt aan ons feesgehore van regoor die land ten toon te stel.
• Die KKNK is 'n perfekte bemarkings-geleentheid met heelwat geleenthede en opsies vir uitstallers om hul produkte te bemark voor die fees.
Enige navrae oor besprekings van stalletjies kan gerig word aan Daventia Kennedy by 044 203 8600, of per WhatsApp op 071 182 6533 of per E-pos by daventia@kunste.org.za
Aanlyn-aansoeke word ook aanvaar by www.kknk.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’