Update
OUDTSHOORN NUUS - Die twee bestuurders wat Woensdagmiddag in ‘n kettingbotsing op die George-pad beseer is, is steeds in die hospitaal.
Die botsing het plaasgevind toe ‘n insleepvoertuig van agter teen ‘n stilstaande bakkie en ‘n vragmotor vasgery het.
Volgens ‘n familielid van Marius Blignaut, die bestuurder van die insleepvoertuig, word Blignaut moontlik môre na ‘n hospitaal in Kaapstad oorgeplaas. Hy het sy bekkenbeen in die ongeluk gebreek en sy een heup is vergruis.
Sy toestand word vererger deur 'n longontsteking wat hy intussen opgedoen het.
Die bestuurder van die bakkie, Nico van der Merwe, is teruggeplaas na die hoësorgeenheid nadat hy vog op sy longe gekry het en ‘n wond aan sy been ontsteek het. Sy femur is gebreek en met penne geheg.
Hy het ook ‘n skouer en rugbeserings opgedoen.
Lees vorige artikels hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'