Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Personeel van Helen Bellinghanhof Tehuis vir Bejaardes is onlangs met 'n dienstoekenningstee bederf en vereer.
Hierdie jaarlikse geleentheid word gehou om alle personeel wat 10 jaar en langer in diens van die tehuis is, te bedank vir hulle getroue diens.
FOTOGALERY: Personeel by dienstoekenningstee waar hulle bederf en vereer word
Tydens die geleentheid word 'n sertifikaat en gedenkkoffiebeker aan hulle oorhandig.
Die volgende personeel is vereer:
- Renette Oktober, huishoudelike hoof - 20 jaar diens,
- Clive Booysen, tuinier - 15 jaar diens,
- Betty Bezuidenhout, saalhulp - 20 jaar diens,
- Sharonay Kleynhans, saalhulp - 10 jaar diens,
- Abigail van der Horst, saalhulp - 10 jaar diens,
- Karen Jansen, algemene assistent - 10 jaar diens,
- Matilda Smith, algemene assistent - 10 jaar diens,
- Lizianna Stuurman, saalhulp - 10 jaar diens,
- Maria van Tonder - stafverpleegster - 15 jaar diens.
Van links is Dalena Conradie, voorsitter van die tehuis, Karen Jansen, algemene assistent (10 jaar diens) en sr. Colleen Fourie, bestuurder van die tehuis.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'