OUDTSHOORN NUUS - Die uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, Chris Macpherson, het verlede week Bellinganhof-aftreeoord se versorgingseenheid op uitnodiging besoek.
Volgens Colleen Fourie, bestuurder van Bellinganhof, het hulle die burgemeester genooi as 'n daadwerklike stap om 'n vennootskap met die munisipaliteit te vestig.
Macpherson en twee raadslede, George Kersop en Johan Fourie, het verlede Donderdag nader kennis gemaak met die dienste wat Bellinganhof bied.
Suster Fourie nooi enige instansie of lid van die publiek wat graag 'n bydrae wil maak of by Bellinganhof betrokke te raak om haar te kontak.
Bellinganhof se beheerraadverkiesing het op 23 Februarie plaasgevind.
Die verkose beheerliggaam is: Dalena Conradie (voorsitter), Godfrey Malgas (ondervoorsitter), Nerina Arling, Marita Coetzee-De Villiers, Harriet Marais en John Nicolas.
•Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'