OUDTSHOORN NUUS - Die inwoners van die Alzheimers-eenheid by Helen Bellinganhof-versorgingsoord op Oudtshoorn is Dinsdag (18 Julie), op Mandeladag, lekker bederf deur die personeel van die plaaslike Just Property-tak.
Volgens Ingrid Noble van Just Property, het hulle heerlike kolwyntjies en warm sjokolade-drankies aan die inwoners van die eenheid gegee, en natuurlik tyd saam met hulle spandeer.
"Die inwoners het dit regtig baie geniet! Ek dink ouer mense in ons land word gereeld vergeet of uitgelaat, so ons het besluit om hulle te bederf en te ondersteun vandag," het sy gesê.
Mandeladag word wêreldwyd herdenk op 18 Julie, oud-president Nelson Mandela se verjaarsdag. Die dag is amptelik na hom vernoem in 2009 deur die Verenigde Nasies (VN), of altans "United Nations", met die eerste VN-Mandeladag wat op 18 Julie 2010 plaasgevind het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’