OUDTSHOORN NUUS - Sommige inwoners van Coronation Memorial Ouetehuis was op Vrouedag in trane met die besoek van Caring Angels saam met Edgars, African Bank en Metropolitan.
Die vroue is bederf met geskenkpakkies, masserings en mooimaaksessies. Die mans het elkeen 'n gratis haarsny gekry. Al die geskenke is deur Edgars en African Bank voorsien. Al die inwoners het daarna weggelê aan heerlike koek en koeldrank wat deur Caring Angels voorsien is.
Letitia de Lange, voorsitter van Caring Angels sê dat hulle Coronation gekies het omdat daar 'n groter behoefte was. "Coronation het 'n baie spesiale plekkie in ons organisasie se harte gekry. Nie net omdat die inwoners finansieel sukkel nie, maar ook omdat al die kulture (rasse) daar gehuisves word."
"Dis ook vir ons hartseer dat sommige oumense se families van hulle bestaan vergeet het."
Randall George, African Bank se bestuurder sê dis met liefde dat hulle by die projek betrokke geraak het.
"Ek glo in teruggee aan die gemeenskap. Ons was vir twee ure daar betrokke en ons almal was by tye baie emosioneel oor die dankbaarheid wat die oumense betoon. African Bank sal definitief weer Coronation besoek met liefdadigheidswerk.
Patty van Edgars sê hulle is nie spyt dat hulle Coronation gekies het nie. "Dit was vir Edgars se personeel 'n baie emosionele projek. Ons is dankbaar dat ons die dag met die vroue kon deel en hulle kon bederf. My hart het agtergebly in Coronation en ons sal defnitief weer en weer die plek wil besoek met projekte."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'