OUDTSHOORN NUUS - Die beendere van ses onbekende persone, wat in 1965 tydens die bou van die Hoërskool Oudtshoorn deur boukontrakteurs opgegrawe is, is verlede Donderdag na 'n heilige seremonie in die Rembrandt-saal van die CP Nel-museum, in 'n begraafplaas naby die Raubenheimerdam begrawe.
Die beendere is volgens die museumbestuurder, Moses Mthethwa, na die opgrawing deur medici gebruik vir navorsingsdoeleindes en in die tagtigerjare aan die museum geskenk waar dit tot nou bewaar is.
Uit die ses geraamtes is daar slegs drie skedels, ‘n kakebeen en ‘n gedeelte van een geraamte oor, wat nou herbegrawe is.
Luidens ‘n berig in Oudtshoorn Courant van 1965 is die beendere sowat 1,2 m onder die grond gevind tydens uitgrawings vir die skoolgebou.
Die kis met die oorskot word by die museum uitgedra. Foto's: Garnett Wicomb
'n Gedeelte van die seremonie in die Rembrandt-saal.
•Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'