OUDTSHOORN NUUS - Die bestuurder van 'n Isuzu-bakkie het 'n noue ontkoming gehad toe sy bakkie 'n aankomende trok getref het.
Die twee voertuie was in teenoorgestelde rigtings op die George-pad onderweg toe die bakkie glo na regs beweeg het en die trok se een wiel getref het.
Niemand is beseer nie.
Die bakkie het die aankomende trok getref.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'