Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Isuzu-bakkie wat medisyne vervoer het, het vanmiddag omstreeks 14:45 op die hoeke van Adderleystraat en Voortrekkerweg met 'n Volkswagen Fox gebots.
Volgens inligting wat op die toneel bekom is, wou die Isuzu-bakkie 'n U-draai by die verkeerslig maak toe die aankomende Volkswagen Fox in die bakkie vasgery het.
Die insittende van die Isuzu-bakkie is ongedeerd, terwyl vier persone in die Volkswagen Fox vir inwendige beserings hospitaal toe geneem is.
'n Baba en 6-jarige seuntjie tel onder die beseerdes.
Kyk 'n video hieronder:
Die Volkswagen Fox se neus is erg beskadig tydens die botsing.
Vooraansig van die bakkie wat met die paal gebots het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'