Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die span van Jakhals Events is vanoggend in Voortrekkerweg druk besig om baadjies aan bome te hang om persone wat minder bevoorreg is warm te hou hierdie snerpende winter.
Volgens Corne Botha van Jakhals Events het hul baadjie-aan-bome projek sy wildste verwagtinge oortref en het die publiek bykans 100 baadjies vir hierdie goeie doel geskenk.
Een van die eerste begunstigdes het vanoggend van oor- tot-oor geglimlag en sy dank teenoor Jakhals Events vir hierdie mooi gebaar uitgespreek.
"Ek was te voet op pad dorp toe om 'n paar inkopies te doen toe ek op 'n netjiese baadjie aan 'n boom afkom. Jisso, nou voel ek darem vir jou geseënd, " het hy uitbundig verklaar.
Fotogalery: Baadjies-aan-bome projek
Die projek word vanoggend tesame met die verkeersdepartement en voertuie van die Oudtshoorn-munisipaliteit begelei.
Die span van Jakhals Events is vanoggend druk besig in Voortrekkerweg om baadjies aan bome te hang om persone wat minder bevoorreg is warm te hou hierdie snerpende winter. Foto's: Wyndham Ewerts
Een van die eerste begunstigdes het vanoggend van oor-tot-oor geglimlag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'