Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Valke, se forensiese ondersoek na wanpraktyke in die Oudtshoorn-munisipaliteit is voltooi en arrestasies word binnekort verwag.
Hierdie nuus is Vrydagoggend 9 Maart tydens 'n spesiale raadsvergadering deur die uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, bekend gemaak.
Sylvester het met die afsluiting van die vergadering die raad meegedeel dat die ondersoek wat reeds geruime tyd aan die gang is afgehandel is.
"Arrestasies kan binne die volgende paar weke uitgevoer word," het die munisipale bestuurder, Allen Paulse, bygevoeg.
Die Valke se Wes-Kaapse woordvoerder, Kaptein Philani Nkwlase, kon nie telefonies bereik word vir kommentaar nie. Hy het met ter perse gaan ook nog nie reageer op 'n e-pos navraag nie.
Die punt was nie op die agenda vir Vrydag se raadsvergadering nie.
Raadslede het bespreking op die aankondiging geëis, maar die speaker, Julia Le Roux-Krowitz, moes vure doodslaan en die vergadering as afgehandel verklaar.
Paulse het gesê die Valke wou geen verdere inligting verskaf as om net te sê, "Die ondersoek is voltooi en arrestasies kan binne die volgende paar weke uitgevoer word."
Lees 'n vorige artikel: Arrestasies na Valke-ondersoek verwag
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'