OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Valke, se forensiese ondersoek wat na wanpraktyke in die Oudtshoorn munisipaliteit is hierdie week voltooi en arrestasies word binnekort verwag.
Hierdie nuus is vanoggend tydens ‘n spesiale raadsvergadering deur die burgemeester, Colan Sylvester, bekend gemaak.
Sylvester het met die afsluiting van die vergadering die raad meegedeel dat die ondersoek wat reeds geruime tyd aan die gang is afgehandel is.
“Arrestasies kan binne die volgende paar weke uitgevoer word,” het die munisipale bestuurder, Alan Paulse bygevoeg.
Die punt was nie op die agenda as ‘n besprekingspunt nie.
Raadslede het bespreking op die aankondiging geëis, maar die Speaker, Julia Le Roux-Krowitz moes vure doodslaan en die vergadering as afgehandel verklaar.
Paulse het gesê die Valke wou geen meer inligting verskaf as om net te sê, “die ondersoek is voltooi en arrestasies kan binne die volgende paar weke uitgevoer word.”
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'