OUDTSHOORN NUUS - 'n Karnaval word vir die naweek van 13 tot 15 September beplan in die geskiedkundige Amalienstein.
Dit word aangebied deur Genesis saam met die ATKV-tak van Zoar en skop op die Vrydag af met 'n gesondheidstaptog vanuit Seweweekspoort tot in Amalienstein.
Daar sal verskillende stalletjies wees met 'n verskeidenheid produkte uit die kontrei wat eie is aan Zoar en Amalienstein. Mense kan 'n stalletjie bekom teen R150 vir die heel naweek. Heerlike kerrieafval is onder meer op die spyskaart Vrydagaand rieldansers feesgangers sal vermaak.
Saterdag gaan rieldansers weer optree en die aand word 'n langarmdansaand gehou. Die naweek sluit Sondag af met 'n korefees gedurende die oggend.
Bel Jonathan Jantjies, voorsitter van die Zoar ATKV-tak by 060 882 0017 vir meer inligting en om 'n stalletjie te bespreek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'