OUDTSHOORN NUUS - Die personeel van Oudtshoorn-landdroskantoor, het verlede Vrydag tydens ‘n verrassings geselligheid in die F-hof afskeid geneem van landdros Vaughn Shone wat ‘n nuwe pos in Gauteng aanvaar het.
Landdroste, Ntsoki Moni en Ntambizandile Maseti, het saam met nog personeellede Shone sterkte toegewens en bedank vir sy aangename persoonlikheid en dat dit ‘n lus was om met hom saam te werk.
’n Emosionele Shone, wat onbewus was van die beplande afskeid, is ook onkant betrap met ‘n spesiale afskeidslied wat deur die personeel vir hom gesing is.
Op sy beurt het hy almal bedank vir die afskeidsgeselligheid en dat hy die Oudtshoorn-span beslis sal mis.
Shone was geruime tyd deel van die prokureursfirma, Coetzee en Van der Bergh, voordat hy drie jaar gelede as landdros in die Oudtshoorn-landdroskantoor aangestel is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’