Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee afgetrede verpleegkundiges het die afgelope drie weke byna 'n kilometer van Parkweg getakel om bome te snoei en die middelmannetjie skoon te maak.
Himine Bothma en Linda van Rensburg het sewe maande gelede op Oudtshoorn kom aftree en wil graag inwoners aanmoedig om elkeen slegs die gedeelte voor jou eie huis of besigheid skoon te hou.
Hulle sê Oudtshoorn is hulle gunsteling plek met inwoners wat omgee.
Hulle beplan om die bome langs Parkweg tot by Voortrekkerweg nog te snoei. Die munisipaliteit verwyder die hope takke en bossies wat die twee elke dag bymekaarmaak.
Kobus Diepraam, 'n inwoner van Parkweg (regs) en Jaco Vorster, voorsitter van die sakekamer, gesels met die twee ywerige dames.
Kyk 'n video hieronder:
Terwyl die Oudtshoorn Courant vanoggend by die twee vroue was, het Bertie Etsebeth wat vir die distriksmunisipaliteit werk, stilgehou en Linda en Himine met sjokolades verras vir hulle harde werk.
Die munisipaliteit het ook onderneem om onkruiddoder op die middelmannetjie te spuit.
Die klippe op die middelmannetjie is 'n paar jaar gelede ook op die inisiatief van inwoners aangebring.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'