OUDTSHOORN NUUS - Die advertensiebord van Klein Karoo Meubelvervoer is tussen gisteraand en vanoggend by die gholfbaan gesteel.
Volgens Albrecht Theron, eienaar van die besigheid, is die bord slegs 'n paar maande op.
"Die bord het my R10 000 gekos. Die mense wat die bord geneem het, het die een paal waaraan die bord vas was afgesaag. Die ander paal is net so begin saag. Ek is seker daarvan iemand moes die mense met die bord sien loop het, want dit is 'n groot bord."
Enigiemand wat inligting het oor waar die bord is kan Theron by 076 053 1380 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'