OUDTSHOORN NUUS - Die familie van Josh Pharaoh, die 9-jarige seun wat in 2018 tydens die KKNK gesterf het, het 'n beurs in sy naam gestig om kinders op Oudtshoorn te help.
Volgens Josh se oupa, Hamilton Pharaoh, is die Josh James Pharaoh Bursary onder die familie se nie-winsgewende organisasie, The Foundation for Communities of Excellence (TFFCOE), gestig met die doel om kinders op Oudtshoorn te help.
Pharaoh sê die beurs is gestig om kinders se talente te help ontwikkel, maar ook om hulle met opvoeding te help en om hul drome te bereik.
In Maart vanjaar het TFFCOE, 39 leerders van Bridgton Sekondêr by hul matriekondersteun-ingsprogram ingesluit.
Môreaand (Saterdag 13 April) bring hulle ook weer die gewilde Adopt a Star Show na Oudtshoorn.
Verlede jaar se vertoning was 'n reusesukses met vermaak uit die boonste rakke. Van die hoogtepunte by Saterdagaand se vertoning is Lauren Pharaoh, ADGIO en Christene Bam.
Die vertoning begin om 19:00 by BSS se skoolsaal en kaartjies beloop R100 per volwassene en R50 per kind.
Pharaoh sê dat daar ook opvoedkundige hulpmiddels aan Colridge Primêr oorhandig gaan word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'