Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS - 'n Gedeelte van Adderleystraat is toe vir verkeer weens protesoptrede van studente van Suid-Kaap Kollege.
Op die stadium is die optrede van die studente vreedsaam.
Hulle is ongelukkig oor NSFAS-gelde wat nie uitbetaal is nie. Volgens die studente, word die gelde aan die kollege betaal en moet die kollege die studente se sakgeld, wat hul kos, akkommodasie en vervoer dek, aan hulle uit betaal.
Fotogalery: Protesoptrede van studente van Suid-Kaap Kollege
Polisie en verkeer is op die toneel.
Volgens een van die studente, het die hoof van die kollege gesê dat sy met die studente buite die kollege sou gesels.
"Toe ons buite kom het sy die hekke gesluit en eenvoudig geweier om met ons te praat. Ons wil ons sakgeld hê want ons akkommodasie en vervoer moet betaal word. Die hoof moet antwoorde gee," het die student gesê.
Kyk 'n video hieronder:
Volgens een van die studente het die hoof van die kollege gesê dat sy met die studente buite die kollege sou gesels.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'