Dianne de Jager het vertel dat die plaaslike ACVV-tak in 1917 gestig is en die eerste landwye tak in Cradock, kort ná die Anglo-Boereoorlog.
"Die ACVV kyk na gesinne en kinders en vandag, op Lentedag, wys ons dat die ACVV steeds omgee en hul belange op die hart dra," het De Jager gesê.
Kleuters is getrakteer op die toorkunsies van Jannie de Bruyn en die kwinkslae van sy alterego, Tommy Thompson, waarna koek geniet is wat self deur die kinders versier is.

Katterjakkertjies se kleuters is op Lentedag bederf ter viering van die ACVV se 110-jarige bestaan.

Jannie de Bruyn en die kwinkslae van sy alterego, Tommy Thompson het die kleuters vasgenael gehou.
ARTIKEL EN FOTO'S: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'