OUDTSHOORN NUUS - ACVV Helen Bellinghanhof het onlangs 'n broodnodige meevallertjie vanaf Dankie Lottoland ontvang.
Dankie Lottoland is 'n program op kykNET waar Lottoland, Suid-Afrikaners se wense vervul.
Sr. Colleen Fourie, bestuurder van ACVV Helen Bellinghanhof vertel dat hulle deur een van hul pasiënte se huweliksmaat genomineer is vir die wonderlike skenking.
Die laaste twee uitsendings van die program sal vandag, Sondag 26 November, om 17:00 en Maandag om 14:30 op kykNET uitgesaai word.
Moenie die volgende uitgawe van Oudtshoorn Courant misloop om meer te lees van alles wat by ACVV Helen Bellinghanhof gebeur nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'