OUDTSHOORN NUUS - Die Vriende van die CP Nel-museum is reeds druk besig met 'n vol en interessante program vir 2026.
Op 12 Maart word die Aand van die Torings-uitstappie aangebied wat 'n begeleide geskiedkundige wandeltoer behels. Die aand skop af om 18:00 by Gottlandhuis in Baron van Reedestraat.
Die toer sluit in Gottlandhuis (1903), Mimosa Lodge (1907), Hoogstraat 171 (vroeg 1900's) en die Le Roux-dorpshuis (1909). Sprekers Roydin Engel-brecht (RJ Tours), Hazel Jonker, Alta le Roux en Lizanne Pelham deel die stories agter hierdie ikoniese geboue.
Toegang vir die toer is R100 per persoon. Die opbrengste of geldelike donasies sal aangewend word vir die restourasie van die museum se kloktoring.
Deelnemers word versoek om gemaklike skoene en flitse saam te bring. Die aand sluit af by die Dorpshuis-museum met ligte verversings. Kontak Christo by
072 833 7723 vir kaartjies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’