TUINROETE NUUS - Die Tuinroete-distrik spog met 224 nuwe polisiekonstabels.
Altesaam 85 lede het Woensdag 18 Desember by die Oudtshoorn-polisiestasie vir diens aangemeld. Die lede sal na 'n aantal stasies in die Klein-Karoo uitgeplaas word.
Calitzdorp kry twee, De Rust een, Dysselsdorp dertien, Ladismith ses en Oudtshoorn 63.
Die nuwe lede sal aan voetpatrollies deelneem en gevestigde lede in bewusmakingsoperasies ondersteun.
Die groep het Woensdag, ná afloop van die amptelike parade, onmiddellik aan die werk gespring en hulp by twee padblokkades en by voetpatrollies by die plaaslike inkopiekomplekse, die taxistaanplekke en bekende 'hot-spots' in Oudtshoorn verleen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’