OUDTSHOORN NUUS - Asakhe Phillips is vanjaar Fezekile Sekondêre Skool se toppresteerder met 'n slaagsyfer van 70.86%.
Thandokazi Phinyana is die tweede beste kandidaat met 69.71%.
Die skool se algehele slaagpersentasie is 80,7%.
Altesaam 21 van die suksesvolle kandidate het met toelating tot graadstudies geslaag en 31 met toelating tot diplomastudies.
Phillips het aangedui dat sy vanjaar by die Universiteit van Kaapstad gaan studeer om eendag 'n maatskaplike werker te word.
Sy sê dat sy 'n groot nood in die gemeenskap geidentifiseer het om meer betrokke te wees by die welstand van hul kinders en dat sy glo dat sy 'n verskil kan maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’